Medemenskamp 2019

Ons nooi alle Gr 7’s (van 2019) om saam met ons te kom kamp by die Medemenskamp!
Ons bied die Medemens spesialisasie aan, wat soos julle weet een van die belofte spesialisasie opsies is wat die Penkoppe en Drawwertjies in Gr 7 moet doen om te kwalifiseer vir Voorslag.

Die MEDEMENSKAMP is ‘n Transvaalse GGN (Gebiedsgoedgekeurde Naweek) vir Gr 7 Penkoppe en Drawwertjies en word aangebied deur Klapperkop Voortrekkers.

Kampbrief

Graad 7 jeuglede uitnodiging

WANNEER: Vrydag 15 Februarie 2019 (16:00) tot 17 Februarie 2019 (14:00)

WAAR: Hartbeesfontein Voortrekkerplaas (Noordoos van Pretoria)

BEPERKING: Slegs plek vir 200 jeuglede

INSKRYWINGS: https://goo.gl/forms/uqoPte66SpNC30dm2

SLUITINGSDATUM: 1 Februarie 2019

NAVRAE: Nicci Kleynhans ([email protected])