Medemenskamp (GGN Klapperkop)

Het jy al besluit wie jy is? Het jy al met jouself vergadering gehou en besluit wie jy is en wie jy wil wees? Weet jy hoe jy gaan optree wanneer iets gebeur of wag jy maar tot dit gebeur? Het jy geweet dat alles wat jy doen ‘n boodskap van jou oordra?

Wat ander mense van jou dink, hang van jouself af:
❖ Hoe jy aantrek

❖ Hoe jy praat

❖ Wie jou vriende is

❖ Met wie jy uitgaan / waar jy uithang

❖ Of jy volwassenes respekteer

❖ Of jy die wet oortree

❖ Watter tipe vriend jy is

❖ Of jy trots is op jou werk

❖ Of ander jou kan vertrou of nie

Die Medemenskamp is vir jou bedoel! Daar is net Graad 7’s op die kamp – geen “kleintjies” nie! Moet dit nie mis nie!

Kampbrief

Uitnodiging

Vraelys