Midstream Spesialisasienaweek

Dit het onder die aandag van die GGA/N Taakgroep van Transvaal Voortrekkers gekom dat Midstream Voortrekkers eerskomende naweek (20 – 22 Mei) ‘n GGA/N wil aanbied. Midstream Voortrekkers kan nie ‘n GGA/N aanbied nie.  Die Taakgroep is nie bewus van ‘n GGA/N wat goedgekeur is vir Midstream nie, en het ook geen aansoekvorm in die verband ontvang nie.  Midstream Voortrekkers is welkom ‘n kentekendag/-naweek aan te bied, maar sal geen GGA/N status vir die geleentheid hê nie.  Dit is ook belangrik dat Voortrekkers wat inskryf vir die geleentheid hiervan sal kennis neem.

Midstream Voortrekkers gaan voort met die kommando se nuwe Spesialisasienaweek en is opgewonde om almal te ontvang. Die inskrywingsdatum is verskuif tot Vrydag 20 Mei 2022 en daar is geen laat inskrywingsfooi tersprake nie.

Inligtingsbrief