Nasionale Offisieresaamtrek

Die Voortrekkers droom nie groot nie, ons praat nie groot nie, ons DOEN GROOT. Moenie hierdie eerste nasionale offisieresaamtrek misloop nie. Voortrekkeroffisiere gaan saamtrek vir ’n GROOT ervaring van lekker kuier, lekker sing en lekker kamp.

Datum: 9 – 12 Januarie 2020

Registrasie is vanaf 14:00 op Donderdag 9 Januarie 2020. Aandete is om 18:00. Die opening en verwelkoming vind 19:30 plaas en die kursusprogram begin om 20:30. Die amptelike program sluit Sondag met ’n erediens om 9:00 af.

Plek: Udolpho, die FAK-Rivierplaas, naby Parys.

Hierdie kamp gaan ’n besondere geleentheid wees met ’n groot aantal Voortrekkers wat oor die hele land saamkamp. Die plaas is sentraal geleë teen die Vaalrivier en is maklik bereikbaar vanaf die lughawe. 

Inligtingsbrief

Inskrywings: Elektronies https://inskrywings.voortrekkers.co.za vanaf 2 September 2019.

Sluitingsdatum: 18 November 2019.

Kontakpersoon: Sinta Robbertse ([email protected] / 012 329 6011)