Noordelike Penkop-en-drawwertjiekamp

Die jaarlikse Noordelike PD kamp vind gedurende die Aprilvakansie plaas.

Kom kamp saam met ons en ontdek die paradys van die Noorde.
Ons baljaar by ons eie glyklip en onderneem staptogte op kronkelpaadjies met bome wat so hoog is dat hulle toppe skaars sigbaar is.
Kom ontdek die geheime en versteekte watervalle in ons eie feetjieland.

Kampdatum: Woensdag 4 April 2018 om 14:00 tot Sondag 8 April 2018 om 12:00.
Plek: Faerie Glen Kampterrein (Westfalia) tussen Duiwelskloof en Tzaneen.

Kampbrief
Vorm A vir Jeuglede
Vorm B vir Volwasse lede
Vorm C Naamlys volgens kursusse
Vorm D vir Opsomming van getalle

Graad  Spesialisasie
Graad 1 Tuinier
Graad 2 Dierewaarneming
Graad 3 Handwerk
Graad 4 Plantekennis
Graad 5 Touwerk
Graad 6 Spoorsny
Graad 7 Veldbewustheid