Noordpos GGA Gekanselleer

Noordpos Kommando is baie teleurgesteld dat ons op so ‘n kort kennisgewing ons GGA weereens moet kanselleer.

 Stephanus Roos Laerskool en die NG Kerk Doornpoort Gemeente is beide stem lokale.

Die Voortrekkers word nie toegelaat om dan op die persele te wees nie, 17-19 September 2021 die naweek vir Nuwe Kiesers / Registreerde Kiesiers  is om te registreer vir die Nasionale Verkiesing wat op die 2 November 2021 plaasvind. 

Alle PD Kursusses sowel as die Verkenner se Brandweer vir 17-19 September 2021 word gekanselleer.  

Die kommando’s wat vir die GGA ingeskryf het, kan met ons so gou moontlik kontak maak sodat ons die terugbetalings kan afhandel indien enige.

Ons hou duimevas dat Noordpos se GGA wat bespreek is vir die naweek van 4 – 5 Maart 2022 sal kan realiseer. Dagboek noual julle naweek hiervoor uit.

Jammer vir die kort kennisgewing.

Groete

Noordpos Voortrekkers