Noordpos GGA vir PD’s en Brandweer is gekanselleer

Ons as Noordpos Kommando is baie teleurgesteld dat ons op so ‘n kort kennisgewing ons GGA moet kanselleer. Laerskool Stephanus Roos laat ons nie toe om hulle fasiliteite op hierdie stadium te gebruik nie en is dit vir ons onmoontlik om ‘n ander terrein te verkry.

Alle PD Spesialisasies sowel as die Verkenner se Brandweer word gekanselleer.   Die kommando’s wat vir die GGA ingeskryf het, kan julle AKL – Admin asb dringend per epos julle kommando se bank besonderhede vir Angeline van Aardt stuur sodat ons die terugbetalings kan afhandel.

Die Verkenners wat ingeskryf is vir Godsdiens Vandag sal nog by die NG Kerk, Doornpoort Gemeente voortgaan. Die saambring lys vir Godsdiens Vandag is: Eie Bybel, Nota boekie en eie skryfbenodighede saam. Saterdagmiddag ete word voorsien.  Bring eie smulhappie saam indien nodig.

Kontak gerus: Angeline van Aardt – AKL Admin: 072 528 2628 / [email protected]