Ontmoet ons nuwe Gebiedskakeldraer

Baie geluk aan MJ Gouws wie tydens die afgelope GSR-verkiesing verkies as Transvaal se nuwe Gebiedskakeldraer vir die termyn 2019-2021.

Inligting rakende die verkiesing van die adjunk-portefeulje(s) sal binnekort bekend gemaak word.

MJ Gouws het in sy CV die volgende genoem as sy motivering waarom hy graag as gebiedskakeldraer wil dien: “In my 15 jaar van Voortrekkerwees het ek so ‘n paar belangrike goed geleer. Een van die belangrikste dinge is dat as ‘n kind ontvang ons so baie kennis by Die Voortrekkers dat dit ons plig is om aan te bly as ‘n volwassene by Die Voortrekkers en terug te ploeg dit wat ons ontvang het. Ek is nou al vir twee jaar ‘n Staatmaker en dit is die lekkerste ervaring van my lewe. Dus wil ek graag as Gebiedskakeldraer die Staatmakers ontwikkel en dryf om nie net terug te ploeg in ons organisasie nie, maar om ook die ervaring van ‘n leeftyd aan ander te kan bied as hulle hul voortrekkerloopbaan begin. Ek dink met harde werk en deursettingsvermoë kan ons die Staatmakers tot nuwe hoogtes dryf.