Plaatjie vir ʼn Boompie – ʼn Inisiatief van die Gebiedsjeugraad

Die Plaatjie-vir-ʼn-boompie-projek gee identiteit terug aan die talle ongeïdentifiseerde bome op die pragtige De Bankkampterrein. Hierdie projek beoog om indentifikasieplaatjies vir elke boom op hiérdie terrein op te rig. Kommando’s kan plaatjies teen R70 elk aankoop – dit betaal vir die plaatjie en die kommando of borg (onderneming, organisasie, persoon, ens.) se naam en/of wapen op hierdie plaatjie. Daar is groot pryse te wen vir die kommando’s wat die meeste plaatjies koop.

Die Plaatjie-vir-ʼn-boompie-projek het egter ʼn tweede deel: Die gebiedsjeugraad wil graag Verkenners aanmoedig om fondsinsamelings te hou om hierdie plaatjies te koop eerder as wat die kommando dit net uit hul bankrekening doen. Dit ontwikkel nie net ʼn selfdoen ingesteldheid nie maar skep ook die geleentheid om in die plaaslike gemeenskap sigbaar te word en De Bank as vakansiebestemming te bemark.

Die gebiedsjeugraad sal binne kort meer inligting oor hierdie inisiatief uitstuur.