Plaatjie vir ‘n boompieprojek

 

Daar is niks so hartseer soos ʼn eensame boompie wat alleen op die vlakte staan sonder identifikasie nie. Tydens die Septemberskoolvakansie is 12 verskillende spesies bome op die De Bankkampterrein geïdentifiseer en gee ons nou, jou kommando die geleentheid om vir hierdie boompies identiteit te gee. Vir slegs R70 kan jou kommando vir ʼn boom ʼn pasgemaakte naamplaatjie gee. Ons wil graag vir elke boom op De Bank ʼn plaatjie gee en hierdie plaatjie het ruimte vir ʼn pas gemaakte boodskap of wapen van jou kommando.

Verder wil ons al die Verkenners aanmoedig om fondsinsamelingsprojekte loods om juis hierdie plaatjies aan te koop. Gebruik gerus hierdie as ʼn geleentheid om julle jeugleiers op te lei in die beplanning en uitvoering van fondsinsamelingsprojekte.

Kommando’s het tot en met Vrydag 14 Februarie 2020 om fondse in te samel en die plaatjies te bestel. Daar is egter ʼn beperkte aantal plaatjies beskikbaar en kommando’s moet so gou spring om van hierdie buitengewone geleentheid gebruik te maak. Hierdie plaatjies sal dan vervaardig word en op De Bankkampterrein aangebring word. Tydens die Verkennerkoukus van 6-8 Maart 2020 sal hierdie plaatjies onthul word.

Bestellings kan geplaas word deur:

  1. die betrokke R70 oorbetaal word in Transvaal Voortrekkers se rekening;
  2. stuur die bewys van betaling aan [email protected]; en 
  3. die aanlyn bestelvorm te voltooi by https://www.cognitoforms.com/TransvaalVoortrekkers/BestelvormVirBoomplaatjiesOpDeBank.

Slegs wanneer al twee hierdie aksies uitgevoer word, word dit as ʼn geldige bestelling beskou.

Transvaal Voortrekkers se bankbesonderhede:

Rekeningnaam:          TVL Voortrekkers
Bank:                            Standard Bank
Tak:                               Arcadia
Takkode:                      010 845
Rekeningnommer:     016 658 655
Verwysing:                   GJR_Kommandonaam

Enige navrae insake hierdie projek kan gerus gestuur word aan Jana Beens by [email protected].