Beste Kommandodagbestuur
Baie dankie vir julle samewerking om ons PV-kandidate by te staan in hierdie deurmekaar tyd.
Soos reeds deurgegee aan al die PV-kandidate bevestig ek die volgende:
1) Die teoretiese PV-vraestel word op Maandag, 20 April 2020 geskryf. Die vraestel word aanlyn vanuit elke kandidaat se huis geskryf. Oord Pretoria-Noord, Oord Monument en Oord Oosvaal se kandidate begin om 18:00 skryf. Oord Pretoria-Oos se kandidate begin om 18:30 skryf.
2) Die aanlyn eksamen platform is reeds beskikbaar en kandidate word aangemoedig om nou reeds in te teken en seker te maak dat die nodige toegang beskikbaar is. Meer inligting in die aangehegde brief.
3) Kandidate wat nie die nodige rekenaar en internet toegang by die huis het nie, moet so gou as moontlik met my skakel om alternatiewe reëlings te tref. Moet asseblief nie wag tot Maandagaand nie!
4) Sien aangeheg ‘n volledige lys van al Transvaal se kandidate. Die nodige vergunning is gegee vir kandidate wat ‘n Gebiedskamp of GGA/GGN gemis het as gevolg van die inperking.
5) Die PV Prospektus meld dat alle PV-kandidate se lidmaatskap teen 31 Maart 2020 bevestig moes wees. Die Gebiedskantoor is tans besig om dit op te volg en sal direk met die kommando in kontak kom indien daar ‘n probleem is.
6) ‘n WhatsApp groep vir kandidate is gestig en beskikbaar by hierdie skakel: https://chat.whatsapp.com/FVFHmoDrEgN5j110Hzfpt9
Baie dankie vir julle samewerking!
Groete
Jaco van der Walt
AGL Verkennersake