PV 2019 Nasionale eksamen en kamp

Op 15 April 2019 word die PV-teoretiese eksamen landswyd geskryf. Jou kommando of oord sal binnekort vir jou laat weet waar jy die eksamen gaan aflê.

Jy het reeds die eerste deel van die proses voltooi en nou is dit nog net die PV-teoretiese eksamen en die PV-afrondingskamp wat voorlê.

Die PV-afrondingskamp is die hoogtepunt van die proses. Op hierdie kamp gaan jy die laaste vaardighede aanleer om jou ‘n voorsprong in die volwasse lewe te gee. Dit is ‘n kamp soos wat jy nog nooit in Die Voortrekkers ervaar het nie!
Onthou – die PV-afrondingskamp is nie ‘n toetskamp nie!

PV 2019 eksamen en kamp – Inligtingsbrief