PV Afrondingskamp

Die PV eksamen is agter die rug en diegene wie die PV-teoretiese vraestel geslaag het  kwalifiseer om voort te gaan met die PV-proses.Die laaste deel van die proses is om ‘n PV-afrondingskamp by te woon. Vanjaar word daar drie (3) verskillende kampe aangebied om jou besige skedule te akkomodeer.

Jy het dus die keuse om enige een van die drie(3) kampe by te woon om die proses te voltooi.
Inskrywings word deur elkeen van die kampe hanteer.

Die Transvaal PV-afrondingskamp word aangebied as een van drie afrondingskampe wat regoor Suid-Afrika aangebied word. Jy is welkom om enige een van die kampe in Kaapland, Vrystaat of Transvaal by te woon om die PV-proses te voltooi.
PV- sowel as Bobaaskandidate mag die Transvaal PV-afrondingskamp bywoon.
Neem asseblief kennis van die volgende belangrike inligting rakende die Transvaal PV-afrondingskamp:
Wanneer: 3 – 6 Julie 2019
Waar: Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria.

Lees asseblief die Nasionale PV uitnodigingsbrief asook Transvaal PV afrondingskamp uitnodiging alvorens jy inskryf:

Nasionale PV 2019 kampbrief

Transvaal Presidentsverkenner uitnodigingsbrief