Rhus Keeti Avontuurkamp

RhusKeeti Avontuurkamp is ‘n Verkennerkamp wat jaarliks tydens die Maart skoolvakansie op die Tarentaalstraat kampterrein aangebied word.

Kampdatum: Saterdag 23 Maart 2019 tot 30 Maart 2019.

Sluitingsdatum: 23 Februarie 2019.

Kampbrief

Beloer die kursusse wat aangebied word by www.rhuskeeti.co.za en skryf in by https://inskrywings.voortrekkers.co.za. Hoekom doen ons dit so?  Want hier praat ons jou taal – Digitaal!

Daar is ook ‘n opwindende nuwe kursus wat aangebied word.
Gaan lees alles daaroor en spring vinnig – inskrywings is beperk en geen plekke word bespreek nie.

Sien jou op Rhus keeti Avontuurkamp en kom kyk wat jou X-faktor is!

Graad Spesialisasie
Graad 8-9 Veldvernuf
Verfbal
Graad 8-12    Boomidentifisering
Digitale kommunikasie
Voëlidentifisering
Fotografie
Sterrekunde
Graad 10-12     Bergfietsry
Jag en Wildbeheer
Rotsklim
Gevorderde boogskiet
Kampbeveiliging
Spysenierng
Graad 11-12  4×4 Veldry
Ruimte / Tegnologie
Ruimteselfbehoud