Rhus Keeti Verkennerkamp

Ek hoop elkeen van julle is gereed om hierdie jaar se Rhus Keeti Avontuurkamp af te skop!

Kom verken saam met my die bosveld in die Waterberge en kom vind jou plek. My vraag aan jou is: Hoe dra jy by? As jy meer wil kom leer van jou mens- wees en hoe jy kan bydra, nooi ek jou hartlik uit om jouself te kom uitdaag hier in God-drie-enig se sitkamer! Nie net gaan ons saam leer nie, ons gaan ook hard en lekker saam speel. So, waarvoor wag jy? Kom vind uit hoe dra JY by!

Spesialiasies wat aangebied word is onder andere: Avontuur-Vasbyt, Veldvernuf, Verfbal , Voëlidentifisering, Fotografie, Sterrekunde, Kampbeveiliging, 4×4 Veldry, Bergfiets, Gevorderde Boogskiet,  Jag- & Wildbeheer  en Rotsklim.

Kampdatum: 19-26 Maart 2022

Sluitingsdatum: 4 Maart 2022

Kampbrief