Rietvallei Fietsry Kaskenades
Aanbiedinge
- Graad 1/2/4/6 – Rietvallei Fietsry Kaskenades – R160
- Graad 3 – Fietsry Spesialisasie – R160
- Graad 5 – Fietskunde Spesialisasie – R160
- Verkenners – Rietvallei Fietsry Kaskenades – R160
- Volwassenes – Dag meeloper – R90
Waneer: 15 September 2018 – 07:00
Sluitingsdatum: 1 September 2018
Waar: 501 Jochemus Str, Erasmuskloof.
Kleredrag: Alle jeuglede en ingeskrewe volwassenes moet aktiewe drag aan hê. Valhelm – geen kind/persoon mag sonder ‘n valhelm ry nie. ‘n Beperkte voorraad valhelms sal beskikbaar wees.
Tydsduur: OORSLAAP – Geen oorslaap vir 2018 nie.
DAGPROGRAM (GGA) Fietsry: Fietskunde en Fietsrykaskenades begin Saterdag om 07:00 met registrasie en eindig om 15:00.
Snoepie: Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees. Onthou dus die sakgeld.
Inskrywingsfooi sluit iets te ete en ’n koeldrank in vir middagete.
Volwassenes: Voorsien asseblief een volwassene vir elke 10 jeuglede of span wat u inskryf. Ingeskrewe meelopers wat by Rietvallei inskryf betaal R90 (parkering, dagfooi op terrein, middagete, tee en koffie ingesluit)
Inskrywings: Vul asseblief ‘n aparte vorm vir elke span in.
Klik op die skakel hieronder vir die nodige dokumentasie op ons Webblad
Inskrywingsfooi: Begunstigde: Rietvallei Voortrekker Kommando
Bank: ABSA
Tak: 336 445 (Moreleta Park )
Rek: 0600 173 308
Verwysing:Kommandonaam
Epos inskrywingsvorms na: [email protected]
Geen inskrywing sal aanvaar word sonder betalingsbewys
nie (Geld en inskrywingsvorms moet mekaar
vergesel)
Laat inskrywings fooi=R20 per persoon sal gehef word
Kontak ons gerus vir verdere inligting.
Vriendelike Groete,