Rietvallei bied ons jaarlikse GGA/GGN Spesialisasie Naweek aan van 6 tot 8 Mei 2022.
Die Volgende PD Spesialisasies word aangebied:
- Graad 1 – Ek Weet (A)
- Graad 2 – Noodhulp (A)
- Graad 3 – Paraatheid (A)
- Graad 4 – Groot Trek (B)
- Graad 5 – Spanseremonies (B)
- Graad 6 – Persoonlike Versorging (B)
- Graad 7 – Voorslag Voorbereiding
Die Volgende Verkenner Spesialisasies word aangebied:
- Waardes
- Spyseniering (Graad 10 tot 12 – Slegs 10 plekke)
- Radiospraak
- Nutsman
- Vliegkuns (Graad 10 tot 12 – Slegs 20 plekke)
Let asseblief op dat alle inskrywings alreeds die 25ste April 2022 sluit. Daar is slegs beperkte plekke vir sommige van die spesialisasies.
Die verskillende spesialisasies word by die volgende plekke aangebied:
Graad 1 tot 3 is Saterdag 7 Mei by Petrusstraat 741, Rietvalleirand
Graad 4 tot 6 is van Vrydag tot Sondag (GGN) by Petrusstraat 741, Rietvalleirand
Graad 7 is Vrydagaand by Petrusstraat 741, Rietvalleirand en Saterdag by die Nederduitsch Hervormde Kerk Rietvallei in Elarduspark
Waardes is net Saterdag by die Nederduitsch Hervormde Kerk Rietvallei in Elarduspark
Radiospraak is net Saterdag by die Nederduitsch Hervormde Kerk Rietvallei in Elarduspark
Spyseniering word die naweek by Jochemstraat 228 Rietvalleirand aangebied
Nutsman word die naweek by Jochemstraat 228 Rietvalleirand aangebied
Vliegkuns word die naweek van 3 tot 5 Junie by Fly Inn Landgoed tussen Pretoria en Bapsfontein aangebied.