Rietvallei Spesnaweek
Rietvallei bied ons jaarlikse GGA/GGN Spesialisasie Naweek aan van 7 tot 9 Mei 2021.
Die Volgende PD Spesialisasies word aangebied:
- Graad 1 – Ek Weet (A)
- Graad 2 – Noodhulp (A)
- Graad 3 – Paraatheid (A)
- Graad 4 – Groot Trek (B)
- Graad 5 – Spanseremonies (B)
- Graad 6 – Persoonlike Versorging (B)
- Graad 7 – Voorslag Voorbereiding
Die Volgende Verkenner Spesialisasies word aangebied:
- Waardes
- Spyseniering
- Nutsman
- Vliegkuns
Let asseblief op dat alle inskrywings alreeds die 27ste April 2021 sluit. Daar is slegs beperkte plekke vir sommige van die spesialisasies.
Die verskillende spesialisasies word by die volgende plekke aangebied:
Graad 1 tot 3 is Saterdag 8 Mei by Collage Gemeente in Elarduspark
Graad 4 tot 6 is van Vrydag tot Saterdag (GGA) of tot Sondag (GGN) by Petrusstraat 741, Rietvalleirand.
Graad 7 en Waardes, beide net Saterdag 8 Mei, is by die Nederduitsch Hervormde Kerk Rietvallei in Elarduspark.
Spyseniering is die naweek by Kwartsietstraat 604, Moreletapark aangebied.
Nutsman is die naweek by Jochemstraat 228 Rietvalleirand
Vliegkuns is die naweek by Fly Inn Landgoed tussen Pretoria en Bapsfontein aangebied.