Rol die Wiele Voortrekkerfietstoer

Kom kuier saam met ons op Saterdag 17 Augustus 2019  by die afsiengeleentheid van Oom Jakkie met die Rol die Wiele Voortrekkerfietstoer vanaf die Voortrekkermonument tot by Die Taalmonument in die Paarl. 

Kleredrag: Aktiewe voortrekkerdrag (alle Voortrekkers) en ouers word versoek om asseblief enige  blou, wit en rooi klere aan te trek.

Finale reëlings:

  1. Almal word versoek om reeds 07:30 by die Voortrekkermonument te wees.
  2. Baie van ons Voortrekkers sal waarskynlik reeds op die terrein wees as gevolg van Wapadrand se GGN. Wapadrand GGN het vir ons ‘n uur afgestaan in hul program vanaf 07:30 tot 08:30  sodat hulle deel kan wees.
  1. Rooi, wit en blou vlaggies sal by die toegangshekke van die Voortrekkermonument aan al die    jeuglede uitgedeel word.
  1. ‘n Erewag gaan opgestel word om Oom Jakkie te ontvang. Dit sal waardeer word as al die jeuglede met ‘n vlaggie by die erewag sal inval. 
  1. Neem asseblief kennis dat die rooi, wit en blou vlaggies sal na die tyd weer ingeneem word om  verder op die fietstoer te gebruik.
  1. Daar sal ook volkspelers en kore op die Voortrekkermonumentterrein wees.
  2. HL Danie Langner sal ‘n groeteboodskap aan Oom Jakkie oorhandig, wat hy sal saam neem vir  Die Voortrekkers op sy fietstoer.

Alle Voortrekkers word uitgenooi om deel te wees van die Rol die Wiele-geleentheid om Die Voortrekkers te bemark én meer sigbaar te maak, sodat ons fondse kan insamel om Die Voortrekkers meer bekostigbaar te maak.  

Almal wie deel neem word versoek om hulle foto’s en videos in te stuur na Seugnet ([email protected]) vir plasing op die Nasionale en Transvaal voortrekkerwebblaaie.

Kuifie gaan ook virtueel saamry en ‘n paar plekke in persoon besoek.