Staatmaker ondersoek

Die staatmakers van Transvaal beplan ‘n ondersoek oor staatmakerwees in Transvaal.

Die ondersoek sal onder andere kyk na die doel, funksie, struktuur en bedrywighede van staatmakers in Transvaal.

Die ondersoek sal deur middel van ‘n taakspan geskied.

Die volledige lys van doelwitte, databronne en metode sal deur die taakspanlede bepaal word met die aanvang van die ondersoek.

Die voorsitter van die taakspan is Charene Agenbach.

Persone wat belangstel om deel te vorm van die taakspan of meer inligting verlang is welkom om ‘n e-pos te stuur aan [email protected] voor of op Dinsdag, 19 Junie 2018.

Groete

Transvaal Staatmakers