Kom kamp saam die Paasnaweek op Struwig Eko Reservaat. Die Struwig plaas is in Hoedspruit, gaan kyk gerus na hulle webblad by http://www.struwigeko.co.za. Hierdie is ‘n Gebiedsgoedgekeurde naweek vir graad 5, 6, 7 en Verkenners.
Almal moet asb reeds op die kamp wees teen 19:00 op Donderdag 18 April. Die hekke sluit om 18:00 en dan is dit nog ongeveer 45 minute se ry tot by die kamp. Kontak ons gerus indien u nie betyds gaan wees voor die hek om 18:00 sluit nie.
Ons gaan die volgende spesialisasies/Kursus doen:
Graad | Spesialisasie |
5 – 6 | Ekosorg |
7 | Erfgrond |
Verkenners | Riviere Ekologie |
Volwassenes | Bestuurskursus |
Kampbrief en inskrywingsvorm (PDF)
Kampbrief en inskrywing (word)