Kom kamp saam op Wilgedraai se 31ste Voortrekkerkamp
Soos oudergewoonte word Wilgedraai Voortrekkerkamp aangebied op die goue strande van die Vaaldam en bied elke Wilgedraaier die geleentheid om ʼn bietjie te kom ontspan voor die laaste kwartaal van 2018.
Wilgedraai is ʼn avontuurbelaaide kamp waar almal pret op en langs die koel waters van die Vaaldam het. Tydens Wilgedraai word gespesialiseerde kursusse aangebied soos Varswaterkunde, Roeikunde, Varswaterhengel, Seilkuns, Seilvernuf, Kampmedia, Motorbootkunde, Ruiterkuns en die “ultimate” Selfbehoud.
Kampdatum: 29/30 September tot 6 Oktober 2018
Saterdag 29 September 2018 om 10:00 vir Seilkuns, Selfbehoud en Vaandrigte.
Sondag 30 September 2018 om 10:00 vir die res van die kursusse.
Vertrek: Saterdag 6 Oktober 2018 om 11:00
Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag 31 Augustus 2018
Wilgedraai uitnodiging
Wilgedraai kampinligting
Wilgedraai inskrywingsprosedure
GRAAD |
SPESIALISASIE |
Graad 7 |
Oewervernuf |
Graad 8 |
Varswaterkunde |
Graad 9 |
Roeikunde of Varswaterhengel |
Graad 10 |
Seilkuns |
Graad 9,10,11 |
Kampmedia |
Graad 10,11,12 |
Vaandrigte of Ruiterkuns |
Graad 11,12 |
Motorbootkunde of Selfbehoud |