Nakuphi Verkennerkamp

Nkuphi word weer vanjaar aangebied gedurende die September skoolvakasie.

Tydperk: Saterdag, 29 September 2018 om 12:00 tot Saterdag, 6 Oktober 2018 om 11:00
Plek: Forest Sailing Club, Da Gama Dam – tussen Witrivier en Hazyview, Mpumalanga
Verblyf: Elke persoon is verantwoordelik vir sy eie tent
Vervoer: Busvervoer is beskikbaar
Sluitingsdatum: 16 September 2018

Kampuitnodingsbrief

Besoek ons webbwerf vir die kampinskrywingsbrief: https://nakuphi.co.za

Graad Spesialisasie Kampkostes
Graad 8 Varswaterkunde (Varswaterkunde & Waterveiligheid) R1150-00
Graad 9 Roeikunde (Roeikunde, Riviere & Waterveiligheid) R1200-00
Graad 9 & 10 Identifsering(Voëlidentifsering, Padda-identifsering & Waterveiligheid) R1650-00
Graad 10 – 12 Seilkuns (Seilkuns, Seilvernuf & Waterveiligheid) R1200-00
Graad 11 & 12 Snorkelduik (Snorkelduik & Waterveiligheid) R1500-00
Graad 9 – 12 Spyseniering (Spyseniering, Handwerk & Waterveiligheid) R1300-00
Graad 11 & 12 Noodhulp, Gevorderde Noodhulp & Waterveiligheid R1300-00
Graad 12 Waterveiligheid R600-00

Wilgedraai Voortrekkerkamp

Kom kamp saam op Wilgedraai se 31ste Voortrekkerkamp

Soos oudergewoonte word Wilgedraai Voortrekkerkamp aangebied op die goue strande van die Vaaldam en bied elke Wilgedraaier die geleentheid om ʼn bietjie te kom ontspan voor die laaste kwartaal van 2018.

Wilgedraai is ʼn avontuurbelaaide kamp waar almal pret op en langs die koel waters van die Vaaldam het. Tydens Wilgedraai word gespesialiseerde kursusse aangebied soos Varswaterkunde, Roeikunde, Varswaterhengel, Seilkuns, Seilvernuf, Kampmedia, Motorbootkunde, Ruiterkuns en die “ultimate” Selfbehoud.

Kampdatum: 29/30 September tot 6 Oktober 2018

Saterdag 29 September 2018 om 10:00 vir Seilkuns, Selfbehoud en Vaandrigte.

Sondag 30 September 2018 om 10:00 vir die res van die kursusse.

Vertrek: Saterdag 6 Oktober 2018 om 11:00

Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag 31 Augustus 2018

Wilgedraai uitnodiging

Wilgedraai kampinligting

Wilgedraai inskrywingsprosedure

GRAAD  SPESIALISASIE
Graad 7 Oewervernuf
Graad 8 Varswaterkunde
Graad 9 Roeikunde of Varswaterhengel
Graad 10 Seilkuns
Graad 9,10,11 Kampmedia
Graad 10,11,12 Vaandrigte of Ruiterkuns
Graad 11,12 Motorbootkunde of Selfbehoud

 

 

Oostelike Penkop-en-drawwertjiekamp (OPD)

Die gewilde jaarlikse OPD kamp vind eersdaags plaas te Hartbeesfontein Voortrekkerplaas.

Dit is OPD se 31ste kamp en 6de op Hartbeesfontein.

Kom kuier saam in die bosveld!

Kamptema: Op galop

Kampdatum: 23 – 28 Junie 2018

Sluitingsdatum: 20 Mei 2018

Kampbrief

Brief: AKL Admin’s

Vorm A – Inskrywingsvorm: Jeuglede

Vorm B – Inskrywingsvorm: Volwassenes

Vorm C – Naamlys volgens kursusse

 

Graad  Spesialisasie
Kleuters (Jakkalsies) vergesel deur ouers Jakkalsies
Graad 1 Spele
Graad 2 Knope
Graad 3 Toeka
Graad 4 Anglo-Boereoorlog
Graad 5 Kampeerder
Graad 6 Ruiterkuns
Graad 7 Staptogte / Sterrekunde
Staatmakers JOB Module 1/2
Volwassenes Noodhulp (minimum 6)

 

Transvaal Gebiedstaatmakerraad verkiesing

Verkiesing van die Transvaal Gebiedstaatmakerraad

Hiermee die oproepbrief vir die verkiesing van die Transvaal Gebiedstaatmakerraad.

Oproepbrief

Nominasievorm

Staatmakers – Reglement veranderinge 2017

Ons is al amper halfpad deur die jaar en die tyd stap nader aan Augustus 2018 wanneer ons afskeid gaan neem van waarnemende GSD Lorraine Laubscher.

Die volgende posisies is tans verkiesbaar
– Gebiedskakeldraer
– Adjunk-Gebiedskakeldraer: Bemarking

Ons vra dat julle asseblief nominasies sal instuur van persone wat julle voel bevoegd sal wees vir die onderskeie posisies. Let asseblief op na die voorvereistes en verantwoordelikhede van elke posisie.

Baie belangrik:
Die nominasies moet asseblief voor of op 6 Junie 2018 om 16:00 gestuur word aan  [email protected]

Groete

Lorraine Laubscher

Waarnemende Gebiedskakeldraer

073 330 9778

[email protected]

Oostelike Penkop-en-drawwertjiekamp (OPD)

Die gewilde jaarlikse OPD kamp vind eersdaags plaas te Hartbeesfontein Voortrekkerplaas.

Dit is OPD se 31ste kamp en 6de op Hartbeesfontein.

Kom kuier saam met ons in die bosveld!

Kamptema: Op galop

Kampdatum: 23 – 28 Junie 2018

Sluitingsdatum: 20 Mei 2018

Kampbrief

Brief: AKL Admin’s

Vorm A – Inskrywingsvorm: Jeuglede

Vorm B – Inskrywingsvorm: Volwassenes

Vorm C – Naamlys volgens kursusse

 

Graad  Spesialisasie
Kleuters (Jakkalsies) vergesel deur ouers Jakkalsies
Graad 1 Spele
Graad 2 Knope
Graad 3 Toeka
Graad 4 Anglo Boere-oorlog
Graad 5 Kampeerder
Graad 6 Ruiterkuns
Graad 7 Staptogte / Sterrekunde
Staatmakers JOB Module 1/2
Volwassenes Noodhulp (minimum 6)

 

Oord Goudrand GGN

Oord Goudrand GGN (2018/2)

Oord Goudrand se jaarlikse GGN word aangebied vanaf Vrydag 25 Mei 2018 tot Sondag 27 Mei 2018.

Inligtingsbrief

Opgaaf vorm

Graad  Spesialisasie
Graad 1 Tuinier
Graad 2 Kuiertyd
Graad 3 Fietsry
Graad 4   VOL Ruimtewaarneming
Graad 5 Handvaardigheid
Graad 6   VOL Sterrekunde
Graad 7 Godsdiens
Graad 8 -12 Brandweer
Volwassenes “Tall trees” werkswinkel

Magalieskruin Voortrekkers

Maandag 14 Maart 2018  – Magalieskruin is 40 jaar oud!

Magalieskruin se geskiedenis

Hiermee 40 hoera’s hoekom Voortrekkers
*Kameraadskap *Koue lug, laat aande en ‘n warm vuur *Sterrekyk *Wind wat waai op Wilgedraai *Vetkoek en maalvleis vir ontbyt *Vrese trotseer *Kamp in die bos *Kondensmelk by die kampvuur *Laternbekruip *Maak nuwe vriende *Nagmars *Om in die veld te wees *Ogies maak om ‘n kampvuur *Wagstaan *A3 se pasteitjies *Nuwe avonture *Besondere spesialisasies *Stokbrood *Sokkies *Kampe, kampe, kampe *Wanneer die fluitjie blaas vir verfbal *Milo en koekies by Oppieberg *Pad pizza *Sonopkoms in die natuur *Ons werk as ‘n span *Boeresport *Ons leer van ons geskiedenis *Kuier by die ouetehuis *Voel soos familie *Mooiste foto’s *Stories en grappies *Saamsing en musiek *Spankampe *Besoek ons monumente *Toutrek *4×4 by Rhus Keeti *Selfbehoud se uithou *Om in die veld te wees *Om te trou met ‘n Vorie *Voortrekkers is familie!

Vlak 1 & 2 Noodhulp Opleiding

Vlak 1 & 2 Noodhulp Opleiding

Beste Voortrekkers,

Die Suid Afrikaanse Noodhulpliga is by die Departement van Arbeid van Suid Afrika, sowel as HWSETA (HW591PA1006262) geakkrediteer. Die Noodhulpliga bied in samewerking met die FAK ‘n geleentheid aan vir persone om beide vlak 1 & 2 noodhulp kwalifikasies te ontvang, na voltooiing van die kursus. Sertifikate wat uitgereik word, is vir 3 jaar geldig.

Inhoud van die kursus sluit in:

  • Die beginsels en oogmerke van noodhulp
  • Ondersoek van die pasiënt
  • Skok
  • Kardio-pulmonale resussitasie (KPR)
  • Lugweg Obstruksie
  • Sagte weefsel Beserings
  • Wonddekkings en verbande
  • Bloeding
  • Brandwonde
  • Die Skeletstelsel
  • Hoofbeserings en bewusteloosheid
  • Vervoer van die pasiënt
  • Omgewingsbeserings
  • Vergiftiging
  • Menslike immuniteitsgebrek virus en verworwe immuniteitsgebrek virus

Datum: 17 – 19 Mei 2018

Plek: FAK Liedjietuinlapa, Voortrekkermonumentterrein, Eeufeesweg, Pretoria.

Kostes: R1380.00 per persoon

Navrae of verdere inligting rondom die inhoud van die kursus kan gerig word aan:

Werner Beineke

Sel: 071 105 3705

Tel +27 12 301 1777

E-pos [email protected]

www.fak.org.za