Die Voortrekkers Transvaal Opleidingdag 10 Februarie 2018

Voorslag voorbereiding vir graad 4, 5, 6 en 7 Offisiere
Het jy vrae oor hoe die Voorslag-toetsing gedoen word? Wonder jy hoe jy jou span vir die Voorslag kan voorberei? Kom gesels saam met ervare offisiere en hoor hoe lekker jy dit vir die span kan maak!
Hierdie opleidingsessie is ’n MOET vir Gr 6 en 7 offisiere en word sterk aanbeveel as jy ’n span in Gr 5 het.

PV Afronding vir Verkenners

Die PV afronding sessie fokus op voorbereiding vir die PV Teoretiese eksamen. Alle Graad 12’s wat in 2018 deelneem aan die proses word uitgenooi sowel as Graad 11’s wat proaktief wil voorberei vir hulle PV proses in 2019.

Onderwerpe wat deur die dag bespreek word sluit in algemene graadwielwerk, geskiedenis van die Afrikaner en Die Voortrekkers, Kaartwerk en ‘n gesprek oor Sake van die Dag.

Kom skerp jou kennis in vir die PV Teoretiese eksamen!

Die Voortrekkers Transvaal Opleidingdag 10 Februarie 2018

Hoëveld Penkop-en Drawwertjiekamp

Die Hoëveld Penkop- en Drawwertjiekamp vind plaas gedurende die April vakansie. Hoëveld PDkamp wil elke lid waarsku, pak solank jou tas, daar wag groot opwinding!!!!

Kampdatums: Donderdag 29 Maart 2018 om 08:00 tot Maandag 2 April 2018 om 12:00

Kamptema – Vorentoe met oë op Christus

Graad  Spesialisasie
Graad 1  Spele
Graad 2 Veldkook
Graad 3 Handwerk

Spoorkennis

Graad 4 Vasbyt

Plantekennis

Noodhulp

Graad 5 Touwerk

Weerkennis

Graad 6 Spoorsny

Kommunikasie

Graad 7  Medemens

Veldbewustheid

Volwassenes Volwasse intreekursus

Hoëveld 2018 Kommandoleiers Kampbrief 
Hoëveld 2018 Kampbrief 
Hoëveld 2018 PD Inskrywing Vorm A
Hoëveld 2018 Ander Inskrywings Vorm B 
Hoëveld 2018 Opsommingslyste Vorms C&D 

 

Wapadrand Volksdanse

Opskud en kom dans saam!

Alle Penkop-en-drawwertjies asook Verkenners word uitgenooi!

Elkeen wie inskryf verwerf die Volksdans spesialisasie wat op jou erkenningsbaadjie gedra kan word

Skryf in en kom ook in aanmerking om as lid van die Wapadrand Boeredansgroep na België te toer gedurende Augustus 2018.

Slegs ‘n volledige inskrywingsvorm, vergesel met betaling verseker plek op die kamp. Daar is slegs plek vir 60 kinders. Die kursus word aangebied by Altelekker Jeug Kampterrein, Irene.

Die sluitingsdatum is : Maandag 15 Januarie 2018.

 

Voriesaamtrek

Kom kuier, leer en deel saam met ons, en kry nuwe motivering en idees vir die jaar wat voorlê.

Inskrywingsvorms vir volwassenes en kinders is op die webblad beskikbaar. Die vorms kan ook elektronies ingevul word en aan Izelle Ryan per e-pos gestuur word na
[email protected].

Die koste vir die kamp is R350 vir volwassenes en R250 vir skoolgaande kinders. Skryf voor 31 Desember 2017 in vir Voriesaamtrek 2018, en kry R50 afslag per inskrywing! Besonderhede vir betaling is op die inskrywingsvorm beskikbaar. Sperdatum vir inskrywings is 5 Januarie 2018.

Gades en kinders is baie welkom, maar onderhewig aan al die kamp reëls. Daar is ongelukkig nie gesinskamers beskikbaar nie en gesinne wie saam wil slaap, moet asseblief eie verblyf
voorsien.

Onthou die volgende: Bring jou eie kampstoel, slaapsak & kussing, bordesak met eetgerei saam. Lees gerus die FAQ-vrae oor die Voriesaamtrek op die webblad.

‘n Snoepie is beskikbaar en daar is ook kaartfasiltieit beskikbaar! Energiedrankies, water, sjokolade, ‘n verskeidenheid van skyfies en selfs drinkbare jogurt kan gekoop word.

Nuwe volwassenes doen asseblief die Intreekursus aanlyn voor die tyd, daar sal geleentheid gegee word vir vrae en antwoorde tydens die Spanhanteringskursus.

Tipe Kursus Beskrywing
Toerustingskursusse Spanhantering vir penkop en drawwertjie-offisiere Dit is nodig dat volwassenes wat met ’n penkoppe en drawwertjies verstaan watter uitdagings daar is in die hantering van die span. Kom gesels saam oor die uitdagings en leer wat Die Voortrekkers van jou verwag. Hierdie kursus is ’n moet vir nuwe offisier, maar ook vir ervare offisiere wat meer wil leer oor PD’s.
Spanhantering vir verkenneroffisiere Volwassenes wat met verkennerspanne werk het unieke uitdagings. Kom leer wat van jou verwag word en wat die werk met verkennerspanne behels. Hierdie kursus is ’n moet vir nuwe offisiere, maar ervare offisiere wat meer wil leer oor verkenners is ook welkom. (Dit is ’n volwaardige Spanhanteringkursus.)
Voortrekkerbestuur Die kommando het jou nodig, leer hoe om jou kommando meer doelmatig te bestuur. ’n Moet vir nuwe en toekomstige leiers en dagbesture in die Voortrekkers.
Jongleiersontwikkelings-program – Module 1 ʼn Program wat jongmense (en ander volwassenes) help om hulleself beter te leer ken en om te verstaan waar hulle inpas en hoe hulle ʼn verskil kan maak.
Verrykingskursusse  Fotografie vir bemarking Die kursus gaan jou toerus met die nodige kennis om jou kamera te verstaan, en tegnieke aan te leer wat nodig is om goeie foto’s te kan neem. Daar is ook ‘n bemarkingsaanslag en jy gaan leer wat om met die foto te doen nadat jy hom geneem het (die plasing daarvan op sosiale media, bou van “slideshows” ens.)
 Wynkennis Hierdie kursus word deur ‘n wynkenner aangebied en sluit onder meer in die geskiedenis van wyn, basiese beginsels van wyproe en proe-style, wynmaak prosesse en tegnieke, kos en wyn passing en die bedieningsetiket en wynveroudering. Kom proe en gesels saam! (Let asb daarop dat hierdie kursus die proe van wyn insluit en daarom ‘n addisionele bedrag van R200 gaan kos en ook beperk is tot 25 studente.)
Werkswinkels Werkswinkel vir die gebiedsbestuur en
gebiedskampkampleiers van Transvaal
Hierdie werkswinkel is spesifiek vir lede van die gebiedsbestuur en
die kampleiers van gebiedskampe.
Administrasie en SAS Het jy te doen het met administrasie en SAS binne jou kommando, oord of kamp? Kom leer meer van die administratiewe bestuur (en die werking van SAS) binne Die Voortrekkers.
Spanoffisiere Vir diegene wat reeds spanhantering gedoen het, en net verfrissing nodig het. Kom gesels en deel saam. Ons gaan praat oor GGA/GGN beplanning, kreatiewe idees vir lesplanne, voorbereiding vir voorslag en PV en kreatiewe spanaktiwiteite soos spankampe en seremonies. Kom deel jou idees en kry nuwes! Daar gaan sessies saam aangebied word.

Kliek op hierdie skakel vir die Vrae-en-Antwoorde-dokument vir 2018 se Voriesaamtrek.

Voriesaamtrek: Word wakker en skryf in!

Die Voriesaamtrek is om die draai!

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Dinsdag 9 Januarie 2018. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.

Neem asseblief kennis dat die Wynkenniskursus vol is en dat geen inskrywings verder aanvaar word nie!

Daar is nog steeds geleentheid om in te skryf vir die volgende kursusse:

  • Spanhantering vir penkop en drawwertjies
  • Werkswinkel vir Transvaalgebiedsbestuur en -gebiedskampkampleiers
  • Spanhantering vir verkenners
  • Werkswinkel vir administrasie
  • Voortrekkerbestuur
  • Spanoffisierewerkswinkel
  • Jongleiersopleidingsprogram (JOP)
  • Fotografie vir bemarking

Kliek op hierdie skakel vir meer inligting.