Tannie Ena de Wet

Die gesegde is waar: Agter elke suksesvolle man staan ‘n hardwerkende voortrekkervrou.

Transvaal Voortrekkers se voormalige gebiedsleier, Theuns de Wet, se vrou, Ena is oorlede.

Theuns J De Wet was Gebiedsleier gedurende die tydperk 1991-1997.

Tannie Ena is oorlede op 12 November 2018 te Kleinfontein versorgingsentrum na ‘n lang siekbed.

Sy laat haar ouer suster Anneleen Burger en haar man en twee seuns en skoondogters: Schalk en Antoinette (van Kaapstad) en Theuns (jnr) en Elsabe (van Sydney, Australië) met hul drie kinders agter.

Tannie Ena was gebore op 20 Desember 1939 en word begrawe te Kleinfontein op Maandag, 19 November 2018 om 11:00. 

Indien jy meer inligting verlang kontak gerus Theuns de Wet by 082 338 3704 / 082 566 7883

Vriendelike groete

Melien Rossouw

082 880 2061

[email protected]