Hartbeesfontein (Transvaal se Voortrekkerplaas)

Terrein en fasiliteite

Kom beleef en ervaar die rustigheid en natuurlike prag van ons semi-bosveld kampterrein. Die plaas beslaan eenhonderd en twintig (120) hektaar in ongerepte natuur met ‘n pragtige kampterrein daarop.  Die kampterrein saam met die omliggende veld is ideaal vir die ontwikkeling van leierskapsvaardighede, kreatiewe denke, geestelike en persoonlike verryking, avontuur- en lewensvaardigheidskampe.

Ons beskik oor verskeie kamers met stapelbeddens. Daar is slaapplek vir tweehonderd drie-en- twintig (223) persone met aparte lokale vir meisies, seuns en toesighouers.

Daar is ’n groot ‘n goed toegeruste kombuis met instapvries- en -yskasfasiliteite.

Die ruim saal (432 m²) is ideal vir groepspele, onthale en danse. Daar is verder nege (9) lesinglokale toegerus met tafels en stoele.

Vir vryetydbesteding- en georganiseerde aktiwiteite is daar ‘n groot swembad, vlugbalbaan, literiabaan, groot oop ruimte asook voldoende voëlkyk en stapgeleenthede. Bome wat op die terrein voorkom is ook vir identifisering gemerk.

Kom kuier in ons lapa om ‘n lekker bosveldvuur en ervaar die sterre in hulle volle prag en glorie.

Kampeerders is baie welkom om van ons agt en twintig (28) goed toegeruste woonwa- en tentstaanplekke (insluitende krag- en waterpunte; asook braaigeriewe) gebruik te maak met netjiese skoon ablusiegeriewe. Daar is in totaal twee- en- sestig (62) staanplekke vir kampering beskikbaar.

Sien is glo: Maak gerus ‘n afspraak en kom besigtig ons kampterrein voor u volgende kampterrein bespreek.

Kliek hier vir om die kaart van Hartbeesfontein se uitleg te besigtig. (‘n MS Excel weergawe is beskikbaar op aanvraag.)

Kliek hier om die kampterreinreëls te besigtig.

Ligging

45 km Noord-Oos van Pretoria op die KwaMhlanga-pad naby Cullinan.

GPS-koördinate: S 25 26.5436 E 28 30.3860

Aanwysingskaart

Besprekings

Besprekings kan by Magaret en Izak Nagel gemaak word.
Kontaknommer: 082 670 4648
E-posadres: [email protected]

Vir meer inligting oor Magaret en Izak Nagel kliek gerus hier.

Foto’s