Jakkalsdraaiboskamp (Hartbeesfontein)

Terrein en fasiliteite

Jakkalsdraai is perfek as jy wil wegbreek van tegnologie en die geraas van die stad: Kom beleef en ervaar die rustigheid en natuurlike prag van ons semi-bosveld kampterrein. Die plaas beslaan 135 hektaar in ongerepte natuur met ‘n pragtige kampterrein daarop. Die kampterrein saam met die omliggende veld is ideaal vir die ontwikkeling van leierskapsvaardighede, kreatiewe denke, geestelike en persoonlike verryking, avontuur- en lewensvaardigheidskampe.

Daar is slaapplek vir nege mense binne die rondawel met kampeerplek vir ongeveer vyftien sesmantente. Die ablusiegeriewe bestaan uit twee storte met ‘n gasgeiser en ‘n toilet. Daar is ‘n boma asook ‘n aparte braaiplek. Kampeerders het toegang tot die twaalf stoele en twee tafels op die terrein. Die rondawel het ‘n semi-toegeruste kombuis (sonder ‘n yskas) met gasstowe. Daar is ongelukkig geen elektrisiteit nie so kampeerders moet dit asseblief in ag neem wanneer hulle kom.

Kom kuier in ons boma om ‘n lekker bosveldvuur en ervaar die sterre in hulle volle prag en glorie.

Sien is glo: Maak gerus ‘n afspraak en kom besigtig ons kampterrein voor u volgende kampterrein bespreek.Sien is glo: Maak gerus ‘n afspraak en kom besigtig ons kampterrein voor u volgende kampterrein bespreek.

Ligging

45 km Noord-Oos van Pretoria op die KwaMhlanga-pad naby Cullinan.

GPS-koördinate: S 25 26.5436 E 28 30.3860

Aanwysingskaart

Besprekings

Besprekings kan by Magaret en Izak Nagel gemaak word.
Kontaknommer: 082 670 4648
E-posadres: [email protected]

Vir meer inligting oor Magaret en Izak Nagel kliek gerus hier.

Foto’s