Renosterkopkampterrein

Terrein en fasiliteite

Renosterkop beslaan ongeveer 5 hektaar van besondere natuurskoon in die middel van ‘n 320 hektaar wildsplaas wat die terrein omring.

Daar is ‘n glybaan oor die rivier beskikbaar vir kampeerders se gebruik (op eie risiko) en hierdie terrein is ideaal geskik vir die meer avontuurlustige kampeerder wat met min tevrede is. Dit is verder perfek vir ‘n aandjie uit in die natuur.

Daar is ‘n oornag-grot beskikbaar vir kampeerders met geen permanente geriewe. Geen lopende water, ablusiegeriewe of elektrisiteit is beskikbaar nie. Kampering vind plaas in tente wat kampeerders self moet voorsien. Geen vuurmaakhout word voorsien nie en mag ook nie uit die veld gehaal word nie. Alle rommel moet self deur die kampeerders verwyder word wanneer die kamp verlaat word.

Ligging

Geleƫ 25 km buite die stadskern van Pretoria en ongeveer 30 km vanaf die Rand aan die oewer van die Hennopsrivier.

Besprekings

Besprekings kan by Izelle Ryan gemaak word.
Kontaknommer: 012 430 3914 of 082 856 2981
E-posadres: [email protected]

Vir meer inligting oor Izelle Ryan kliek gerus hier.

Foto’s