Tarentaalstraatkampterrein

Terrein en fasiliteite

Die terrein is geleë op die plaas Tweebosch, 40km buite Vaalwater in die Limpopo provinsie in die hartjie van die Waterberge.

Die terrein is slegs toeganklik vir lede van Die Voortrekkerbeweging en kan geen buitepersone akkommodeer nie.


Die terrein is ideaal geskik vir die meer avontuurlustige kampeerder wat spanbouaktiwiteite wil aanbied of selfs aan ‘n verskeidenheid natuurgerigte spesiale onderskeidingskentekens wou voldoen. Kleiner kommando’s of spanne kan gerus van hierdie kampterrein gebruikmaak.

Die Kampraad van Rhus Keeti Avontuurkamp kan sekere aktiwiteite aanbied vir kampeerders wat die volgende insluit: (moet voor die tyd gereël word)

  • Kentekens (vir penkoppe, drawwertjies asook verkenners)
  • Abseil en rotsklim
  • Natuurstaptogte
  • Perderitte

Geen vuurmaakhout word voorsien nie en mag ook nie uit die veld gehaal word nie. Alle rommel moet self deur die kampeerders verwyder word wanneer die kamp verlaat word.

Ligging

Geleë 40 km buite Vaalwater in die Limpopo provinsie in die hartjie van die Waterberge.

Koordinate: 24°21’10.65″S en 28°22’6.51″O

 

Besprekings

Besprekings kan by Izelle Ryan gemaak word.
Kontaknommer: 012 430 3914 of 082 856 2981
E-posadres: [email protected]

Vir meer inligting oor Izelle Ryan kliek gerus hier.

Foto’s