Graag nooi ons alle Verkenners en vriende uit na Thaba Kamp 2019. Thaba Kamp is nie net nog ‘n Verkennerkamp nie, jy kom huistoe, waar lewenslange vriende op jou wag en ons vir mekaar omgee.
Kampdatum: 23 – 30 Maart 2019
Kampbrief: Volwassenes (Offisiere, Heemraadslede en Staatmakers)
Ons bied hierdie jaar ‘n wye verskeidenheid nuwe veldwerk- en avontuurkursusse aan vir elke graadgroep – teen ‘n billike, verminderde fooi.
Graad | Spesialisasie |
8 | VELDONTDEKKERS Veldstudie Kamplewe |
8 | JAGTERS Jag en Wildbeheer Boogskiet |
9 | BITTEREINDERS Veldvernuf Paraatheid |
9 | NOODWERKERS Nuwe Veldredding SO Kaart- en Satelietkompas |
10 | BRANDWAGTE Kampbeveiliging Radiospraak |
10 | VELDWAGTERS Veldwagter Radiospraak |
11 | PADVINDERS Veldselfbehoud Waardes |
11-12 | KOMMUNIKATOR Kommunikasie Joernalistiek (slegs op spesiale versoek) |
11-12 | ASST-VELDWAGMEESTER Nutsman (slegs op spesiale versoek) |
12 | RIGTERS Dienaar-Leier Burgerskap (slegs per uitnodiging) |
Volwassenes | RAAKVATTERS Spanhantering Praktiese Spanhantering |