Ons kampleier, Willie Wagner, verwys elke jaar na die roep van die mier wat in elke Thabaniet se oor roep: Kom huis toe! En so het die tyd byna aangebreek dat almal huistoe moet kom. Gedurende die Maart skoolvakansie is dit weer tyd vir Thaba!
THABA is ‘n veldkamp in die hart van die Bosveld, en dis meer as ‘n kamp, dis ‘n leefwyse, Dis MY HUIS waar ek veilig voel, MY HART waar my vriende is en waar ons glo in Geloof, Respek, Integriteit en Trots
Kampdatum: vanaf (19) 20 tot 26 Maart 2022.
Thaba Kamp 2022 – Voor, Heel Voor!
Skryf aanlyn in hier: https://inskrywings.voortrekkers.co.za
Graad | Spesialisasies |
8 (Veldontdekkers) |
Veldstudie |
8 (Jagters) |
Jag en Wildbeheer |
9 (Bittereinders) |
Veldvernuf Paraatheid |
10 (Brandwagte) |
Kampbeveiliging Radiospraak |
9 (Veldwagters) |
Veldwagter Vuurwapens |
11 (Padvinders) |
Veldselfbehoud |
12 (Rigters) |
Dienaar-Leier |
Volwassenes (Raakvatters) |
Spanhantering Praktiese Spanhantering |