Transvaal 2020 Voorslageksamen

Beste Voorslagkandidaat en offisier,

Hiermee die inligting rakende die Voorslageksamen wat plaasvind op Saterdag 31 Oktober 2020.

Die lokaal indeling is as volg (kliek op die woord Lokaalindeling  hieronder om jou korrekte lokaal te vind)

Lokaalindeling 

Registrasie vanaf 07:30 tot 08:30

  1. By registrasie ontvang die kandidaat sy voorslagnommer op ‘n plakker wat hy op sy erkenningsbaadjie moet plak.
  2. Die kandidaat moet ook hierdie nommer op die vraestel aandui, wat hom en sy vraestel uniek identifiseer.
  3. Vanaf registrasie beweeg die kandidaat na die punt om sy Formele voortrekkerdrag te laat toets.

Toets van Voortrekkerdrag

  1. As die formele voortrekkerdrag klaar getoets is, wag die kandidaat geduldig tot hy in die eksamenlokaal ingelaat word.
  2. Dit is die kandidaat se verantwoordelikheid om seker te maak dat hy betyds by die lokaal aanmeld om sy voortrekkerdrag te laat toets voor die aanvang van die eksamen

Eksamenlokaal

  1. Almal beweeg op die laaste om 08:45 na die eksamenlokaal waar die volgende proses verduidelik sal word.
  2. Die eksamen duur vanaf 09:00 tot 12:00.
  3. Sodra die kandidaat die eksamen voltooi het; moet die kandidaat sy vraestel inhandig en dan kan hy die lokaal verlaat en huistoe gaan.

Saambringlysie

Elke kandidaat moet die volgende saambring. Niks mag gedeel word nie.

  1. MASKER – Daar sal van almal op die terrein verwag word om heeltyd maskers te dra en sosiale afstande te handhaaf.
  2. 30 cm liniaal
  3. 30 cm dun tou of wol vir kaartwerk
  4. Skryfbehoeftes

Geen selfone en slim horlosies word in eksamenlokaal toegelaat nie.

Enige navrae moet asseblief gerig word aan [email protected].

Sterkte met die laaste voorbereiding.

AGL PDsake Anine Wheeler