Transvaal April en Meimaand aktiwiteite

Die Nasionale inperking het almal se aktiewe Voortrekker aktiwiteite bykans tot ‘n stilstand gebring.

Daar is wel diegene wie suksesvolle E-kommandokampe- en E-spankampe kan geniet! Baie geluk met daardie unieke idees.

Ons kampleiers asook GGA en GGN organiseerders is in gereelde kontak met die gebiedsdagbestuur en gisteraand is die volgende boodskap aan hulle gestuur deur GL Zandra Machin:
“Goeie middag almal. Ons het gewerk na 16 April 2020 om die aktiwiteite van die tweede kwartaal te hanteer. Die grendelperiode is verleng en verder is daar nog geen formele / amptelike inligting ten opsigte van die skoolkwartale nie. Die verwagting is infasering van aktiwiteite gedurende Mei en Junie  om sodoende steeds aan die sosiale afstandsmaatreëls te voldoen. Daar kan ook steeds getal beperkings gehef word. Die aanbeveling is dus geen GGA en GGN aktiwiteite vir Mei maand nie. Ons kan herevalueer ten opsigte van Junie en die derde kwartaal soos inligting bekend word en die skole weer funksioneer.”

Sterkte en geniet die E-aktiwiteite wat met almal gedeel word.