Transvaal Verkennerkoukus

Die Transvaal se Gebiedsjeugraad bied met trots die Verkennerkoukus aan. Ontdek die leier binne jou en kry die Leierskapsvaardighede kenteken daarby: Die Verkennerkoukus is ʼn geleentheid vir Verkenners van regoor om bymekaar te kom om te gesels oor die sake wat vir die Verkenners belangrik is en om jou leierskapsvaardighede verder te ontwikkel. Skryf in vir hope pret en die geleentheid om ʼn klomp nuwe vriende te maak! Moet nie jou vlug verpas nie want dit is ʼn belewenis van ʼn leeftyd.

DATUM:Vrydag 1 Maart tot Sondag 3 Maart 2019
TYD:Registrasie vanaf 18:00 tot 19:00.
Afsluiting is om 10:00 Sondag.
PLEK:Hartbeesfontein Kampterrein
KOSTE:R450 per persoon
INSKRYWINGS:Klik op dié skakel om in te skryf: https://inskrywings.voortrekkers.co.za/skryfin/gjr2019
Inskrywings sluit Donderdag 21 Februarie 2019.
Geen laat inskrywings word aanvaar nie.
NAVRAE:Kontak gerus GJL Esmari Pretorius by [email protected] met
enige navrae.
BRIEWE:
Inligtingsbrief vir alle Verkenners 
Oproep vir Oord- en Kommandojeugleiers