Transvaal Gebiedstaatmakerraad – Nominasies en verkiesing: 2019/2021

Ooreenkomstig die grondwet en reglemente van Die Voortrekkers word die genoemde bestuursliggame soos vermeld in die oproepbrief versoek om nominasies in te dien vir die verkiesing van die twee (2) adjunk-gebiedskakeldraers vir die Gebiedstaatmakerraad van Transvaal Voortrekkers vir die termyn 2019/2021.  

Nominasies moet voor of op 14 November 2019 ingedien wees by [email protected].

Die verkiesing sal in die vorm van ʼn elektroniese stemming plaasvind gedurende die dag van die 20ste November 2019.

Finale reëlings vir die stemproses sal saam met die nominasies versprei word teen 15 November 2019. ʼn Nominasievorm is hierby ingesluit.

Die volgende posisies is verkiesbaar op die Gebiedstaatmakerraad:

  • Adjunk-Gebiedskakeldraer [Admin]
  • Adjunk-Gebiedskakeldraer [Bemarking]

GSR nominasie oproep

Nominasievorms: GSR 2019-2021