Transvaal Gebiedstaatmakerraad verkiesing

Verkiesing van die Transvaal Gebiedstaatmakerraad

Hiermee die oproepbrief vir die verkiesing van die Transvaal Gebiedstaatmakerraad.

Oproepbrief

Nominasievorm

Staatmakers – Reglement veranderinge 2017

Ons is al amper halfpad deur die jaar en die tyd stap nader aan Augustus 2018 wanneer ons afskeid gaan neem van waarnemende GSD Lorraine Laubscher.

Die volgende posisies is tans verkiesbaar
– Gebiedskakeldraer
– Adjunk-Gebiedskakeldraer: Bemarking

Ons vra dat julle asseblief nominasies sal instuur van persone wat julle voel bevoegd sal wees vir die onderskeie posisies. Let asseblief op na die voorvereistes en verantwoordelikhede van elke posisie.

Baie belangrik:
Die nominasies moet asseblief voor of op 6 Junie 2018 om 16:00 gestuur word aan  [email protected]

Groete

Lorraine Laubscher

Waarnemende Gebiedskakeldraer

073 330 9778

[email protected]