Transvaal Opleidingsdag

Het jy ’n Graad 6 of 7 Span? Is jy in Gr 12 of ‘n Verkenneroffisier?

PD Offisiere: Het jy vrae oor hoe die Voorslag-toetsing gedoen word? Wonder jy hoe jy jou span vir die Voorslag kan voorberei? Kom gesels saam met ervare offisiere en hoor hoe lekker jy dit vir die span kan maak! Hierdie opleidingsessie is ’n MOET vir Gr 6 en 7 offisiere en word sterk aanbeveel as jy ’n span in Gr 5 het. Hierdie opleidingsdag fokus daarop om offisiere te help met Voorslagvoorbereiding.

Verkenner Offisiere en Graad 12 Verkenners: Ons gaan gesels oor afdelings in die Verkennerlewe waarmee jy stoei, soos Kaartwerk, die teoretiese vraestel wat in April afgelê word asook oor die PV afrondingskamp. Die PV voorbereidingsdag fokus op afrondingwerk vir die PV Teoretiese eksamen. Alle Graad 12’s wat in 2019 deelneem aan die proses word uitgenooi sowel as Graad 11’s wat proaktief wil voorberei vir hulle PV proses in 2020.

Datum: Saterdag 9 Februarie 2019

Plek: Sytze Wierda Voortrekkerspansentrum

Tyd: 08:00-15:00

Sluitingsdatum: 5 Februarie 2019.

Uitnodigingsbrief