Transvaal Staatmakers

Transvaal Staatmakers

Hierdie nuwe jaar merk ‘n nuwe seisoen met sy eie uitdagings en hoogtepunte, die jaarprogram is propvol nuwe aktiwiteite maar mag ons ‘n oomblik vat en waardeer dit is ‘n skoon nuwe kalender, wat se skedule en stories wag om vertel te word. Skryf hierdie jaar 2022 ‘n kalender wat jy sal onthou!

Onthou die volgende: A Revised schedule is to a business what a new season is to an athlete or a new canvas to an artist. – Norman Ralph Augustine

Transvaal Staatmaker bestuur 2021/2023

Gebiedskakeldraer – Karolien Thomas (0838005662)

Adjunk gebiedskakeldraers asook Oordverteenwoordigers:

Leeuwenveld – Bevan Jonck (0823117208)

Oosvaal – Joa van der Merwe (0713570139)

Bergenbos – Nerine Pretorius (0810488333)

Oosterlijn – Adriaan Terblanche (0713792808)

Baie geluk aan elke Groepbestuur wat verkies is, ons sien uit om hierdie termyn saam met julle te stap!

 Belangrike Datums

 12 Februarie 2022: Transvaal Staatmaker afskop

30 April – 2 Mei 2022: Transvaal Staatmaker Staptoer

5-9 Augustus 2022: Transvaal Staatmaker saamtrek

 Staatmaker opening 2022 / Afskop

12 Februarie 2022 se Transvaal Staatmaker afskop!!! Jy wil dit nie misloop nie!

Putt -Putt vir ‘n bietjie gesonde kompetisie en Pizza vir net R40.

14:00 vir 14:30 want ons weet Staties hou van laat slaap 😉

Is jy in vir baie pret? Skakel in by die WhatsApp groep vir die Afskop: https://chat.whatsapp.com/FqqC06N4sK10sSubvuFB00

Staatmaker Staptoer

Begin solank die stapskoene af stof en beplan aan jou etes.
Hou die spasie dop, meer inligting volg einde Januarie.