Die hoogtepunt van elke Penkop en drawwertjie se voortrekkerloopbaan eindig met die jaarlkse voorslagkamp!
Kom kamp saam met jou mede Graad 7 voortrekkermaats en maak nuwe vriende!
Die Voorslagkamp vir alle Graad 7’s vind plaas by Hartbeesfontein Voortrekkerplaas, net buite Pretoria.
kampdatum: Vrydag 7 – 9 September 2018.
Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag 27 Julie 2018.
Aangeheg die volgende dokumentasie
• Offisiere inskrywingsvorm vir almal wat wil kom elavueer;
• Graad 7 jeuglede inskrywingsvorm wat aan die vereistes voldoen – sien inligting hieronder oor die vorms asseblief.
Neem asb kennis dat daar ‘n gekombineerde P1-vorm beskikbaar is
Daar is gewoonlik ‘n inskrywingsvorm en PI-vorm wat ingevul moet word, een gekombineerde vorm kan nou ingevul word (as toetslopie).
Indien u reeds die P1-vorm voltooi het, vul dan slegs die inskrywingsvorm vir die jeuglid in.
Transvaal voorslagkamp uitnodiging
Transvaal voorslagkamp P1 gekombineerde vorm
Transvaal voorslagkamp P1 aansoekvorm
Transvaal voorslagkamp inskrywingsvorm vir kandidate
Transvaal voorslagkamp inskrywingsvorm vir volwassenes
Anine Wheeler
AGL: Penkop en Drawwertjie sake