Transvaal voortrekkermuseum

Transvaal voortrekkermuseum

Die Voortrekkers Transvaal het begin met ‘n museum en is tans besig om voortrekker stoepstories en staaltjies te versamel. Kom kyk gerus wat ons reeds in ons museum het.  Ons museum soek ook ‘n gepaste naam en almal word uitgenooi om voorstelle saam te bring.

Ons verwys graag daarna as ‘n “lewende biblioteek” vir ouerwordende voortrekkers.

Kom kuier saam op Saterdag 10 Februarie 2018 in die gebiedskantoor te 990 Francis Baard straat, Hatfield, Pretoria en deel die heugenis en nostalgie van ervarings uit jou Voortrekkerdae sodat ons dit in gedenkskrifte kan bewaar.

Daar sal twee kuiersessies wees sodat jy kan kies watter tyd jou beter pas: 10:00 -12:00 of 14:00 -16:00.

Ligte versnaperings gaan bedien word.

Saambringlysie: Eie staaltjie asook enige foto’s of items wat aan die museum geskenk kan word.

Bevestig bywoning asseblief voor of op 8 Februarie 2018 aan Elsa Schnetler ([email protected] / 082 707 2010)

Enige navrae kan ook aan Elsa Schnetler gerig word.