Transvaal Voortrekkers en covid-19 Vlak 1

Suid-Afrika funksioneer vanaf 21 September om 24:00 op vlak 1.      

Regulasies vir vlak 1: Staatskoerant 18 September 2020                                                                              Regulasies vir vlak 1: Staatskoerant 20 September 2020

Die covid-19 taakspan het na bestudering van die nuutste regulasies besluit dat die volgende voortrekkeraktiwiteite mag plaasvind:

  • Spanaktiwiteite, dus spanbyeenkoms en spankampe
  • Kommandobyeenkomste en kampe
  • Gebiedsaktiwiteite en kampe

Die volgende bepalings en beperkings is van toepassing:

  • Die hoeveelheid mense wat ʼn aktiwiteit kan bywoon (aanbieders ingesluit) word deur die regulasies beperk deur die kapasiteit van die fasiliteit.
  • Vir binnemuurse aktiwiteite is die beperking 50% van die kapasiteit van die lokaal of 250 mense (watter een ook al die laagste is).
  • Vir buitemuurse aktiwiteite is die kapasiteit 50% van die kapasiteit van die perseel of 500 mense (wat ook al die minste is).
  1. Spanaktiwiteite (Spanbyeenkoms en spankampe)

Alle kommando’s se spanbyeenkomste en spankampe mag plaasvind sonder enige beperking op getalle. Dit is egter belangrik om te besef dat die bywoning van spanbyeenkomste, spankampe en kommandokampe vrywillig is en dat niemand daardeur benadeel mag word sou enige spanlid nie die spanbyeenkoms en of spankamp wil of kan bywoon nie.

Die volgende moet egter in plek wees vir elke spanbyeenkoms:

  1. Die spanbyeenkomste kan aangebied word by die spanoffisier, spanlid se huis en natuurlik by elke kommando se spankamers;
  2. Die kommandodagbestuur moet inkennis gestel word dat ‘n spanbyeenkoms gehou word;
  3. Die kommandodagbestuur moet verseker dat daar aan die nodige bepalings en      voorsorgmaatreëls voldoen word wanneer spanaktiwiteite aangebied word.
  4. Dit is noodsaaklik / verpligtend om ‘n register (word) / register (PDF) by te hou waarin die naam, van en kontakbesonderhede van elke spanlid en spanoffisier wat die byeenkoms bywoon, aangeteken word;
  5. Dit is noodsaaklik / verpligtend dat ‘n vrywaringsvorm (word) / vrywaringsvorm (PDF) voltooi moet word deur elkeen wie die spanbyeenkoms bywoon. Die ouers moet namens minderjarige jeuglede die vrywaringsvorm voltooi.
  6. Die nodige vraelys (voorbeeld sal beskikbaar gestel word op webblad) moet by elke byeenkoms voltooi en moet ingehandig word by die kommandodagbestuur;
  7. Die temperatuur van elke spanlid en spanoffisier moet geneem en op die betrokke vraelys aangeteken word. Alle persone wat die aktiwiteit bywoon se temperatuur moet geneem en aangeteken word met die aanvang van die aktiwiteit. Persone met ‘n temperatuur van 38° C of hoër moet vir 10 minute in die koelte weg van ander persone wag waarna die temperatuur weer geneem sal word. Indien die temperatuur steeds hoër as 38° C is kan die persoon nie die aktiwiteit bywoon nie.
  8. Hande moet met seep en water gewas word of met alkohol gereinig word met die aanvang van die aktiwiteit en ook beskikbaar wees tydens die duur van die aktiwiteit vir gereelde ontsmetting.
  9. Gesigmaskers moet ten alle tye gedra word deur almal teenwoordig.
  10. Sosiale afstand van 1.5 m moet ten alle tye gehandhaaf word tussen persone.
  11. Indien Voortrekkeraktiwiteite op terreine anders as die van ‘n privaat woning aangebied word moet die reëls en regulasies van die betrokke terrein/fasiliteit ook gehoorsaam word.
  12. Indien spankampe by kampterreine en / of spankamers gehou word met die volgende van toepassing wees:                                                                                                                                                

    12.1 ‘n Maksimum 50% besetting van 50% van ‘n kamer en tent moet gehandhaaf word; ‘n vier (4) man tent slegs twee (2) persone mag bevat.

    12.2  Sosiale afstandhouding (Social distancing) sal vereis dat bv. ‘n vier (4) man tent slegs twee (2) persone mag bevat maw 50% besetting van kamer en tent moet gehandhaaf word;

    12.3  Vertrekke moet behoorlik geventileer word;

    12.4  Gesigmaskers moet in die openbaar gedra word.                                                                                                                                                 

Die Voortrekkers en geen lid kan persoonlik of in ʼn ander hoedanigheid aanspreeklik gehou word sou ‘n persoon siek word tydens ʼn aktiwiteit nie. Bywoning is vir alle aktiwiteite vrywillig en op eie risiko. Die fisiese bywoning van Voortrekkeraktiwiteite is nie verpligtend nie. Sou ‘n kind of ouer besluit om eerder nie die aktiwiteit by te woon nie sal die kind nie benadeel word nie. Waar moontlik moet gepoog word om via ander metodes (bv. aanlyn) steeds hierdie lede te betrek by aktiwiteite.

  1. Kommando byeenkomste

Kommando byeenkomste word aangemoedig met die volgende bepalings en beperkings in ag geneem:

  • Die hoeveelheid mense wat ʼn aktiwiteit kan bywoon (aanbieders ingesluit) word deur die regulasies beperk deur die kapasiteit van die fasiliteit.
  • Vir binnemuurse aktiwiteite is die beperking 50% van die kapasiteit van die lokaal of tweehonderd-en-vyftig (250) mense (watter een ook al die laagste is).
  • Vir buitemuurse aktiwiteite is die kapasiteit 50% van die kapasiteit van die perseel of vyfhonderd (500) mense (wat ook al die minste is).

Registers, en take soos bepaal vir spanbyeenkomste MOET egter in plek wees vir elke kommandobyeenkoms.

  1. Gebiedskampe en alle ander gebiedsaktiwiteite

Gebiedskampe mag plaasvind onderhewig aan die getalle soos vermeld in die regulasies en na behoorlike aanbeveling en bespreking deur die covid-19 taakspan en/of GDB.                                       Geen gebiedsaktiwiteit sal goedgekeur word alvorens die organiseerders deeglike prosesse in plek plaas om te bewys dat aan die regulasies voldoen sal word en sonder die nodige goedkeuring nie.  Enige aanbeveling moet aandui hoe daar by die nodige regulasie beperkings gehou sal word.

Die covid-19 taakspan het op Maandag 21 September 2020 die aansoek en voorstelle van Wilgedraai  bespreek. Die aansoek is goedgekeur om ‘n gebiedskamp aan te bied.

Die volgende is ook van toepassing op kampe:  Beginsels vir groter voortrekkeraktiwiteite

Ek sluit af met boodskap soos ontvang vanaf gesondheidswerkers: 

Although our country will be on Level 1 of the national lockdown, it is still extremely important that you remain vigilant and take ownership of your health and look out for the health of those around you. Ultimately, your health is your responsibility. Please do not let your guard down and adhere to the protocols and regulations – for your own safety, and for the safety of others. It is also important to keep your mental health in check – make use of the #WellbeingWarriors campaign from our Department of Student Counselling and Development, which is aimed at encouraging health and well-being among students. Visit the COVID-19 website for comprehensive information and updates. Although the infection rate in our country is decreasing, remember that the COVID-19 pandemic is still testing every aspect of society; we must not underestimate the impact that the pandemic still has on local and global communities. Take care of yourselves and those around you and comply with the national guidelines and regulations.

Hartlike groete,

Transvaal Voortrekkers