Transvaal Voortrekkers Spesiale Omsendbrief

Transvaal Voortrekkers is die afgelope twee jaar besig met ‘n proses om saam met die Hoofbestuur, Die Voortrekkers te vernuwe vir die toekoms.
Transvaal Voortrekkers se gebiedsbestuur het op Saterdag 26 Oktober 2019 besluite geneem wat ons graag met almal wil deel op Saterdag 9 November 2019.
Almal word uitgenooi om as waarnemers die vergadering by te woon, indien jy nie reeds deur ‘n geloofsbrief afgevaardig is om die vergadering by te woon nie.

Plek: Hartbeesfontein

Transvaal Spesiale omsendbrief

Gebiedsraad Sakelys (GRSL201911)

Die Inskrywingsvorm se skakel is beskikbaar in die omsendbrief asook op die 9 November 2019 Transvaal kalender, in die Gebeurtenis vouer.

Die inskrywingsvorm moet asseblief deur almal voltooi word.

Ons Hou Koers lied onderskryf die proses waarmee Die Voortrekkers tans besig is:

As die lente oor die velde, in ‘n asem groen ontwaak

Leer en speel ons in ons eie, word die toekoms oopgemaak

Om die kampvuur, in die stiltes

Weef ons drome in die wind, strek ons uit na horisonne

Sal ons hoop ons saam verbind…

Hou Koers, Hou Koers, Deel die liefde vir ons land

Hou Koers, Hou Koers , Pluk die toekoms – vat my hand!