Transvaal Voortrekkers

Die Transvaal gebiedskantoor se deure is nou weer oop en almal word uitgenooi om op die volgende dae die kantoor te besoek vir voortrekkersake: Dinsdae en Donderdae: 0900-15:00.

Izelle Ryan kan wel gekontak word vir alternatiewe reëlings sou bovermelde dae en tye nie geskik wees nie.  Sy sal dan per afspraak beskikbaar wees.

Die volgende Transvaal warmbaadjies is nog beskikbaar teen slegs R180.00 per baadjie by die gebiedskantoor: 2x Dames 3XL en 2x Mans 5XL.

Voorwaardes van die aanbod:

  1. Die aanbod is vir die warmbaadjies wat in voorraad is by die gebiedskantoor.
  2. Die warmbaadjies is nie omruilbaar nie, maak asb. seker dat die korrekte grootte bestel word.
  3. Die warmbaadjies kan binne kantoorure gepas word by die gebiedskantoor.
  4. Geen warmbaadjies sal beskikbaar gestel word sonder bewys van betaling (EFT) of kontant    betaling by die gebiedskantoor nie.

Kontak gerus Izelle Ryan: 012 430 3914 / 082 856 2981 / [email protected]