Die Voortrekkers Transvaal se jaarlikse Voriesaamtrek vind plaas gedurende naweek van 22 tot 24 Januarie 2021 te Hartbeesfontein.
Ons wil u uitnooi om te tender vir die spyseniering van die 2021 Voriesaamtrek. Ons verwag so tussen 200 en 250 volwassenes, maar finale getalle, kampprogram en tye vir etes en koffie/tee breke sal op ‘n later stadium deur gegee word.