Transvaal Voriesaamtrek 2022

Die Eier Broei Uit – Wat ’n Blye Vooruitsig!

Voriesaamtrek 2021 het nooit die geleentheid gekry om uit te broei nie…. wat beteken dat Voriesaamtrek 2022 nog groter en lekkerder gaan wees as ‘n hard gekookte eier op ’n pad-piekniek. Voorwaar iets om na uit te sien! Kom kuier, leer en deel saam met ons, en kry nuwe motivering en idees vir die jaar wat voorlê.

Kursusse sluit in: Spanhantering vir P/D Offisiere, Spanhantering vir Verkenner Offisiere, Voortrekkerbestuur, JOP: Emosionele Intelligensie, Avontuurfasilitering, Fotografie, Godsdiens in Voortrekkerpraktyk, Kreatiwiteit, Makkerhulp, Praktiese Spanhantering, Seremonies, Voëlidentifisering, Wynkennis, Werkswinkel vir Administrasie / SAS, Rondomtalie: Persoonlike-en-Bestuursvaardigheid.

Slegs elektroniese inskrywings word aanvaar by https://inskrywings.voortrekkers.co.za/

Sluitingsdatum vir inskrywings is 10 Januarie 2022.

Inligtingtingsbrief