Gebiedsjeugraad 2021-2021

Na etlike weke se jeugraadkeuring is Transvaal se gebiedsjeugraad vir 2021-2022 saamgestel. Baie geluk aan:

Marete du Plessis (Oosvaal),
Zuné Beytell (Oosvaal),
Kate Roberts (Noordvaal),
Emma Roberts (Noordvaal),
Ruben Burger (Oosterlijn),
Inge Beetge (Oosterlijn),
Naletta Nagel (Bergenbos), en
Fredrich Rossouw (Bergenbos).

Hierdie agt jeugleiers se pligte sal die volgende insluit:

  • ten minste een spanbounaweek (datum sal nog bevestig word),
  • bywoning van die gebiedsbestuurvergaderings,
  • diens tydens die Voorslagkamp,
  • een gebiedsprojek, en
  • een projek in jou oord.

Ons sien opreg daarna uit om hiérdie jeugleiers die geleentheid te gee om ʼn verskil te maak op hul eie besondere manier en wens ons hulle alle sukses vir die termyn wat voorlê toe!