Venterskroon PD Gebiedskamp

September is om die draai en dan is dit weer tys vir Venterskroon!

Ons kamptema vir 2018 is “Ons Koning Kom!

Ons vier vanjaar 40 jaar van seën op Venterskroon!!!!!

GRAAD SPESIALISASIE
Graad 1 Junior kok
Graad 2 Veldkook of Dierewaarneming
Graad 3 Toeka of Spoorkennis
Graad 4 Gasheer/Gasvrou  of Plantekennis of Vasbyt
Graad 5 Touwerk of Boeresport of Weerkennis
Graad 6 Kommunikasie of Spoorsny
Graad 7 Avontuur

Hierby aangeheg is die uitnodigings en inskrywingsvorms vir ons Venterskroon feeskamp vir Penkoppe en Drawwertjies.

Venterskroon kampbrief vir kommandoleiers

Venterskroon kampbrief vir Penkop en drawwertjies

Venterskroon Algemene inpaklys

Venterskroon Vorm A – Inskrywingsvorm vir Penkop en drawwertjies

Venterskroon Vorm B – Inskrywingsvorm vir Volwassenes

Venterskroon Vorm C – Inskrywingsvorm vir Verkenners

Venterskroon Vorm D – Inskrywingsvorm vir Halfkroontjies

Kampdatum: 28 September 2018 – 02 Oktober 2018

Registrasie: Vrydag 28 September 16:00 – 18:00

Afsluiting: Dinsdag 02 Oktober om 12:00

Plek:  Venterskroon Jeugkampterrein van die Ned. Hervormde Kerk

(tussen Potchefstroom en Parys) (S26º53.016’ EO27º16.120’)

Sluitingsdatum vir inskrywings:  Saterdag 08 September 2018.

Inskrywings: Registrasie vir die kamp vind plaas deur die Kommando of ouers kan die voortrekkers inskryf op ons nuwe webblad http://www.venterskroonkamp.co.za deur net die instruksies op die webblad te volg.

Navrae

Navrae kan gerig word aan Kampleier, Annemie Hall, 082 494 8305 / [email protected]

Adjunk Kampleier admin: Louis Keyser, 083 308 1757 / [email protected]

Adjunk Kampleier admin / Logistiek: Stiaan Van der Merwe, 083 805 1063