Vlak 1 & 2 Noodhulp Opleiding
Beste Voortrekkers,
Die Suid Afrikaanse Noodhulpliga is by die Departement van Arbeid van Suid Afrika, sowel as HWSETA (HW591PA1006262) geakkrediteer. Die Noodhulpliga bied in samewerking met die FAK ‘n geleentheid aan vir persone om beide vlak 1 & 2 noodhulp kwalifikasies te ontvang, na voltooiing van die kursus. Sertifikate wat uitgereik word, is vir 3 jaar geldig.
Inhoud van die kursus sluit in:
- Die beginsels en oogmerke van noodhulp
- Ondersoek van die pasiënt
- Skok
- Kardio-pulmonale resussitasie (KPR)
- Lugweg Obstruksie
- Sagte weefsel Beserings
- Wonddekkings en verbande
- Bloeding
- Brandwonde
- Die Skeletstelsel
- Hoofbeserings en bewusteloosheid
- Vervoer van die pasiënt
- Omgewingsbeserings
- Vergiftiging
- Menslike immuniteitsgebrek virus en verworwe immuniteitsgebrek virus
Datum: 17 – 19 Mei 2018
Plek: FAK Liedjietuinlapa, Voortrekkermonumentterrein, Eeufeesweg, Pretoria.
Kostes: R1380.00 per persoon
Navrae of verdere inligting rondom die inhoud van die kursus kan gerig word aan:
Werner Beineke
Sel: 071 105 3705
Tel +27 12 301 1777
E-pos [email protected]