Volksdans Spesialisasie

Dit is weer tyd om deel te neem aan die gewilde jaarlikse Volksdans Spesialisasie wat in Oktober 2018 aangebied sal word.

Alle verkenners asook penkop-en-drawwertjies word uitgenooi in te skryf.

Almal sal moet wikkel, want daar  is slegs plek vir tagtig (80) jeuglede!

Datum: 26 – 28 Oktober 2018

Vir wie? Verkenners en P/D

Plek: Altelekker Jeugkampterrien

Sluitingsdatum: 16 Oktober

Uitnodigingsbrief en inskrywingsvorm

Onthou daar is slegs plek vir 80 jeuglede.

Neem kennis dat die Wapadrand Boeredansgroep in België gaan wees vanaf 5 – 19 Augustus 2018 en dat ek dus oor daardie tydperk nie navrae sal kan hanteer nie.

Groete

Danette