Volwasse Opleidingsdag

Voorslagvoorbereiding vir graad 4, 5, 6 en 7-offisiere

Het jy vrae oor hoe die Voorslagtoetsing gedoen word? Wonder jy hoe jy jou span vir die Voorslag kan voorberei? Kom gesels saam met ervare offisiere en hoor hoe lekker jy dit vir die span kan maak!

Hierdie opleidingsessie is ’n moet vir graad 6 en 7-offisiere en word sterk aanbeveel as jy ’n span in graad 5 het.

PV-afronding vir verkenners

Hierdie PV-afrondingsessie fokus op voorbereiding vir die PV-teoretiese eksamen. Alle graad 12’s wat in 2018 deelneem aan die proses word uitgenooi sowel as graad 11’s wat proaktief wil voorberei vir hulle PV-proses in 2019.

Onderwerpe wat deur die dag bespreek word sluit in algemene graadwielwerk, geskiedenis van die Afrikaner en Die Voortrekkers, kaartwerk en ‘n gesprek oor sake-van-die-dag.
Kom skerp jou kennis in vir die PV-teoretiese eksamen!